Hoërskool Transvalia

(I must apologize to the Americans and other English-speakers reading this post. Unfortunately, I never got around to translating this into English and don't feel like it anymore. I felt that it was only fitting and proper that I should write about South Africa in Afrikaans.)

Hierdie jaar toe ons in Suid Afrika gaan kuier het, het ek die geleentyd gehaad om vir drie dae met my pa se sister, my Tannie Yda, en haar man, my Oom Gerhard, te gaan bly, en skool te gaan waar my drie niggies (Nanette, Eugenie, en Gerda) 5 of 10 jaar terug het. Ek is deur die loop van die week, en ook na die tyd, menigmaal gevra vir my opinie op daardie drie dae (wat 'n wonder vir my was- meeste mense wat my ken is al so moeg daarvan om my opinie te hoor). So, vir alle nuskierige Afrikanse siele, het ek die uitdaging ge vat om my eerste Afrikanse blog te skryf daaroor! Geniet my onopgevoede grammatika en skryfvermoë.

Een verklaring wat ek voel ek heel eerste moet maak, is dat ek vergelyk en kontrasteer, en nie, soos meeste mense wil hoor, sê dat een plek of lewenstyl beter of slegter is as die ander nie. 'n Twede is dat my hoërskool ondervinding waarskynlik heelwat anders is as die gemiddelde Amerikanse tiener s'n, omdat ek by 'n private skool skool gaan. Alhoewel ek familiêr is met publieke skole, was ek nog steeds 4 of 5 jaar laas in so 'n skool; daarom is my denkpatrone en ervarings ook sekerlik anders. Nogtans is daar 'n paar verskile wat baie duidelik was in die drie dae wat ek by Transvalia was. Hierdie goed glo ek nie sou êrens in die US meer of minder uit staan as die volgende nie: vir goed of sleg, is die belangrikheid van individualiteit, privaatheid, en verandwordelikheid van die hoërskoolstudent aansienlik meer prominent in Amerika.

Die eerste en grootste bewys hiervan was die verskil tussen die verhoudings wat 'n student met sy onderwysers het. Bedank aan die invloed van die media, is Suid-Afrikaners, veral jong mense, besig om meer en meer Amerikanse denkpatrone en lewenstylens aanteleer, maar dié is nêrens só grood 'n deel van die kultuur as in die bron van hierdie media nie. Van die "founding fathers" tot moderne politiek, was Amerika nog altyd 'n land waar ales "of the people, by the people, and for the people" is.

Hierdie konsep is glad nie minder toepasbaar in 'n student se opvoeding as in die res van die land nie: 'n klaskamer draai absoluut om die student. Daar is nie dieselfde hiërargie as in Suid Afrika nie, en die selfde respek word dus ook nie onder normale omstandegede verwag nie. Die klaskamer is 'n diens is vir die student meer as die juffrou se plek van onderwys. Daardie student wat die wil het, kan, in teorie, so goed doen in die land soos wat hy wil: dis die wonder van die "American Dream." Maar hierdie visie bring daarme saam die implikasie dat dit nie nootwendig die onderwyser se plig is om studente te forseer om te probeer nie. By Transvalia het ek dit vreemd gevind, nie dat die juffrouens om gee nie, maar hoe personlik hulle hul studente se sukses maak as hulle om gee. As die klas sleg doen, dan maak die onderwyser dit sy verandwordelikheid om die studente reg te ruk, waar dit as 'n inval van privaatheid sou gesien word in Amerika.

Die menier wat onderwysers hierdie “regruk,” of “inval,” maak, is ook gedoen in ‘n manier wat vreemd vir my was. Die klaskamer omgewing is minder eentoon, en voel minder stabiel, as daardie in Amerika. Hulle sal makliker skree (wat ek nog nooit in my 11 jaar se skool gaan gehoor het nie), makliker lag saam met die klas, en- mees belangrik- hierdie twee ekstreme in na-volgorde drie of vier keer in een klasperiode lewer! In Amerika is ‘n klaskamer meer “static:” by voorbeeld, óf ‘n plek waar die onderwyser kwad raak, óf ‘n plek waar hy die klas laat lag. Dit is baie min op altwee kante van die spektrum- veral nie heen en weer deur die loop van een klas nie.

Verder as klaskamer verhoudings, is die rol van hiper-individualisme en vroeg-volwassenheid duidelik in die kleredrag en die klag teen uniforms. Kinders in Amerika word van 'n baie jong ouderdom aangemoedig om te wees net wat hulle wil, om uniek te wees in elke manier wat hulle kan, en om hulle personliheid uit te druk met elke geleentyd wat hulle het. Hierdie is duidelik sodra mens by 'n publieke skool se gang in loop. Mens kan dadelik ondersky tussen elke sort mens wat daar skool gaan. Natuurlik sal dit nie montlik wees sonder die gebruik van Converse, baggy jeans, atletiese sweetpake, Hollister hemde, pajamas, helderblou hare, kat ore, en tutu rompe nie. Amerikaners is huiwerig om die vryheid van drag weg te vat grootlik omdat dit hulle vermoe om hul personlikhede uit te druk verminder. En verder, omdat elke kind so aangemoedig is, is daar 'n baie groed verskydenheid personlikhede om met die verskydenheid klere saam te gaan op ‘n baie jong ouderdom. Sodra hulle hul opsies verstaan, verouder die kinders baie vinnig, of dit deur psikologiese onrus, aangedringde verandwordlikheid, of elkedagse bloodstelling is.

Ek glo dit is grotendeels daarom dat dit deur die lengte van ons tyd in SA, insluitend my ervarings buite Transvalia, gelyk het as of alle tieners en kinders deur volwassens behandel word soos kinders. In Suid Afrika, is dit as of 'n mens gesien word as 'n kind tot dat hy 21 word, terwyl hy as hy 12 of 13 is al as 'n volwasse mens behandel word deur die samelewing in Amerika. In ander worde, tieners is groot kinders, op plaas van jong volwassens. Alhoewel dit moelik is om so ‘n steling te maak na net drie dae, het Afrikanse tieners en hulle sosiale kringe nie so hiper-complex gelyk nie. Ek verwysig die nuwe kuturele fenomeen Twilight: al is dit nie hoe ons almal hier is in die werklikheid nie, is die fassinasie daarme in Amerika grotendeels ‘n “resonance” met tieners se eie ‘gekompliserde’ gevoelens.

Om die kurrikulums self te adresseer, is daar ‘n verskilende fokus, maar die werk bly in ‘n groot mate dieselfde. Wiskunde en Fisika is moeliker invergelyk met die Geesteswetenskappe, waar hulle meer gelyk is in die US. Ons het net een klass in Wetenskap per jaar, waar studente Biologie en NS moet neem by Transvalia. Ek kon skaars nie glo dat Gesidenis nie verpligtig is nie: in alle Amerikanse skole, moet ‘n student dit elke jaar van laarskool tot metriek neem. Ons kry ook geweldig meer lees- en skryfwerk om te doen in taal- en geskiedenis-klase. Op die gemideld, werk ons deur drie tot ses boeke ‘n jaar in Engels, ‘n 500-bladsy teks in gesiedenis, en ‘n buitenslandse taal is verpligtend deur graad 11. Ons kry amper nooit tyd om te sit en werk in stilte in eenige klas na graad 7 of 8 nie. 'n Tiener het baie meer druk in sy lewe in Amerika. Alles wat ons op ons eie kan doen, word ons gegee as huiswerk. Die hoeveelheid werk het minder gelyk by Transvalia, veral in die Geesteswetenskappe, al was standarde nie nootwendig laer nie. Ook van noot is dat ons in die plek van LO net ‘n paar jaar “PE” (100% fiesies) en ‘n semester se “Health” moet neem. Hierdie klase het niks of na niks met die student se personlike lewe te doen nie. Die positiewe en negatiwe efekte van verhoudings word nooit in ‘n klas herken of geleer nie, omdat die omgewing so uiters polieties korek is. Dit sou nie anvaar word om sulke “opinies,” geloof ingesluit, by Amerikanse skole vir studente te leer nie.

Die ervaring van om by Transvalia skool bytewoon vir drie dae was ‘n unike geleentyd om ‘n “inside look” te kry op die Afrikanse wêreld wat ek nog my heele lewe nog net halfpad kon beleef. Meer as dit, het dit vir my ‘n nuwe begrip gegee van die kulturele aanvarings wat in my eie familie en Afrikanse vriende leef. Ek is oneindig dankbaar aan almal wat hierdie ervaring moontlik gemaak het en sien uit met ‘n nuwe entoesiasme na ons volgende trip Suid Afrika toe!

Comments

  1. Dankie vir die blog Marié! Baie interessant om jou opinie van ons te hoor. Ek verstaan beslis waar alles vandaan kom (dit is nie eers nodig om die onderwysers se name te noem nie!). Wanneer jy weer in SA is moet jy tog kom inloer. En ek dink ek en Stefan gaan moet plan maak om bietjie 'n Amerikaanse skool ook te besoek.

    ReplyDelete
  2. Snaaks dat jy melding maak van die hoeveelheid werk wat minder blyk by ons skool teenoor jou skool en die druk wat meer imposant is by julle! Ek wil my kommentaar so lakonies moontlik hou maar ek het weer die teenoorgestelde ervaar toe ek met Amerikaanse tieners gepraat het! Dit was vir hulle uiters vreemd om te hoor dat ek 11 vakke het! Hulle het vertel dat hulle dikwels boeke kry om te lees oor hulle "summer-holidays" wat hulle genoeg tyd gee om dit te met gemak te voltooi en boonop om vakansie werke te behartig en met hulle vriende te kuier! Maar dit is seker verkeerd om te veralgemeen, jy is immers in 'n privaatskool en behoort gewoont te wees aan 'n beter vlak van opvoeding teenoor publieke skool hetsy in Amerika of Suid-Afrika. Nietemin, ek sal ook ruiterlik erken dat die meerderheid kinders in Afrikaanse skole baie dieselfde is en eie-identiteit selde aanwesig is. Solank seuns rugby speel en dogters rokkies dra en wyk van vreemde gedrag is almal gelukkig. Eintlik hartseer ...

    ReplyDelete
  3. Dit IS uiters vreemd om te hoor dat julle 11 vakke het, want ons het elke vak elke dag vir 'n huur; julle spandier nie so veel tyd in elke klas nie.

    Ek het vir seker meer werk om te doen oor die somer vakansie, maar soos ek gesê het, is die moelikheidsvlak heeltemal bepaal deur die gewilligheid van die student om te leer. As almal 2 of 3 of 4 universiteitsvakke geneem het elke jaar op hoërskool, dan sou hulle ook seker baie huiswerk hê.

    Jou laste komentaar het my laat lag : ) Dit sal nog verander, dit is al klaar besig.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular Posts